Eredienste

NG Kerk Lorraine

TRADISIONELE EREDIENS

(09:00 – 10:00 in die kerkgebou)

Die oggenddiens is meer tradisioneel van aard. Sang word oorwegend deur orrelbegeleiding gedoen. Tydens die erediens heers daar `n gemaklike en vriendelike atmosfeer tussen lidmate.

FAMILIEDIENS

(09:00 – 10:00 in die saal)

Ons familiediens is ‘n gemaklike en informele erediens waarbinne families met jonger kinders veral bedien word, maar natuurlik is die hele uitgebreide familie welkom. In die eerste halfuur word die teks en tema op ‘n verstaanbare en kindervriendelike wyse oorgedra, waarna die kinders in graadverband saam met hulle geloofsmentors verder gesels oor die tema en ook ‘n aktiwiteit saam doen. Terwyl die graadgroepe besig is, is ouers natuurlik welkom om in die vierkant or ‘n koppie koffie saam te kuier.

Foto03

PIX

(09:00 – 10:00 in die lapa)
 

PIX staan vir Peuters In X’tus. Jesus het telke male gesê dat die Koninkryk is vir mense wat soos kindertjies kan word. Ons doel is om vir ons kleinste lidmate `n liefde vir Jesus en sy kerk te kweek. By PIX leer die kleintjies om geestelike liedjies te sing, te bid, asook Bybelse waarhede te leer deur aktiwiteite, verhale, stories en selfs lekkernye te maak wat by die Bybelse waarheid inpas. Dit moet vir ons kinders lekker wees om kerk toe te gaan en van God te leer. PIX is `n bediening vir kinders van 2 tot 5 jarige ouderdomme. Ouers is ook welkom om saam te kom!

AANDDIENS/KUIERKERK

(18:00 – 19:00 in die kerkgebou)

Hierdie dienste fokus daarop om relevante boodskappe op `n dinamiese manier oor te dra. Die atmosfeer is informeel en gemaklik. Lof en aanbidding staan sentraal in ons aanddiens. Die musiekbedieningspan, wat bestaan uit begaafde musikante, begelei die gemeente om bewus te word van God se teenwoordigheid. By geleentheid kuier ons rondom `n koppie koffie ná die erediens.