Bedieninge

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Die bediening se funksie in ons gemeente is grotendeels om te sorg vir behoeftige mense wat geen inkomste het om in daaglikse benodighede soos kos te voorsien nie. Vir dié doel is die noodspens gestig.  Verdere fokuspunte is Laerskole soos Piet Retief, Excelsior en Dr. Viljoen waar daar een maal per week toebroodjies voorsien word aan behoeftige kinders. Gemeentelede is hiermee behulpsaam.

Ons voorsien ook klere, breekware en enige ander huis artikels aan minderbevoorregte mense deur middel van skenkings wat ons ontvang.  Dié artikels word hoofsaaklik versprei aan:  NG Algoa Gemeenskapskerk, CMR, PE Noord Gemeente (Sidwell) en MTR Smit Kinderhuis.

Die bediening is baie betrokke by MTR Smit Kinderhuis.  Ons gemeente is verantwoordelik vir Huis 9 (tiener dogters) en het ook nouer betrokke geraak by Huis 6 (tiener seuns) met ingang van November 2018. Ons help die Kinderhuis met die onderhoud van dié huise asook die voorsiening van klere, huis artikels en persoonlike benodigdhede van dié kinders.  Ons maak ook seker dat elke kind, in die betrokke Huise, ‘n geskenk met hul verjaardag ontvang asook die bederf van ‘n verjaardagkoek.  Dié kinders ontvang ook jaarliks ‘n Kersgeskenk.  Die kinders word weekliks besoek deur een van ons gemeentelede, Marietjie van Niekerk.

Ons het ook gemeente vroue wat deur die loop items brei vir ons breiprojek.  Die items wat hulle brei is hoofsaaklik serpe, musse, bedsokkies en truie.  In 2018 het die volgende instansies van die gebreide items ontvang:  PE Noord Gemeente, Algoa Gemeenskapskerk, CMR en MTR Smit Kinderhuis.

Soos wat die bediening by ander projekte betrokke raak, word die nodige inligting en behoeftes via die weeklikse afkondigingsblad, webwerf en die gemeente se ‘facebook’ blad gekommunikeer aan gemeentelede.

Ons wil graag gemeentelede uitnooi om by ons aan te sluit.

Kontakpersoon vir meer inligting: Sareta Beer (072 199 1496)

DIENSBAARHEIDSBEDIENING

Die volgende aspekte is belangrik om diensbaar te wees in ons gemeente:

– Om lidmate te besoek wat nog graag hul dankofferkoeverte tuis wil ontvang. Ons wil soveel as moontlik lidmate betrokke kry vir hierdie diens.

– Ons streef daarna om gemeentelede ook betrokke te kry met insameling van dankoffers gedurende die eredienste.

– Met die uitdeel van die tekens tydens die nagmaal, wat so `n belangrike geleentheid is, vra ons lidmate om na vore te kom om te help met die bediening in die kerk sowel as met die voorbereiding van die nagmaaltafel.

– Tydens kermis of ander projekte het ons ook baie hulp nodig om by elke huisgesin uit te kom, vir hierdie groot projek elke jaar.

Ons vra dus ernstige voorbidding by u almal vir ons wat betrokke is om ons Vader te dien in die kerk en gemeente.

Indien jy betrokke wil raak, kontak Heinrich Cronje by 084 458 0345

EIENDOMSBEDIENING

Ons gemeente se Eiendomsbediening behartig die algemeneinstandhouding en spesifieke opgraderings van die kerkperseel en al die geboue op ons kerkterrein. Hiervoor is wysheid en onderskeiding nodig om prioriteite en beskikbarefondse reg te bestuur.

Die Here roep ons op om allereers aan Sy koninkryk te bou in mense se lewens, daarom wil ons nie fondse spandeer aangeboue voordat ons aan mense se geestelike en fisiese noodvoorsien het nie. Maar in Haggai 1:4 waarsku die Here dat onsas gemeentelede eerder ons geld moet spandeer om Sy Huis op te bou, voordat ons poog om ons eie aardse huise mooi temaak. Die Here verwag dus van ons om ruim by te dra vir Sykoninkryk, om mense se liggame en siele as Sy tempel op tebou, maar ook vir Sy Huis waar ons gemeentelede Hom kom aanbid.

Ons droom groot om binnekort die kerk en saal kompleks aanmekaar te verbind deur ‘n nuwe doelgerigte ‘Voorportaalruimte’ te skep. Die Eiendomsbediening benodig jou gebed, tyd en hulp om die Here se prioriteite vir ons gemeente teonderskei, en te help werk daaraan om die Huis van die Here in stand te hou en uit te brei.

Indien jy betrokke wil raak by Eiendomsbediening, skakel asseblief vir Maartje Weyers by 082 375 3662.

GASVRYHEIDBEDIENING

Die doel van Gasvryheidbediening is om gemeentelede en nuwe intrekkers by ons verskillende eredienste te verwelkom.  Deel van die bediening is om by die deure te staan voor eredienste en om uit te help met die uitdeel van inligting of om ‘n bietjie te kuier.  Die bediening gaan ook meer fokus op nuwe intrekkers om hulle te laat tuis voel en hulle te help om die nodige inligting aangaande ons gemeente te verkry sodat hulle makliker by ons gemeente kan inskakel.

Koffie en tee kuier geleenthede word ook aangebied na afloop van sommige eredienste waar die gemeente die geleentheid kry om te gesels, kuier en om verhoudings te bou. Die span is verantwoordelik vir die voorbereiding en bediening van koffie. Lekkernye word ook op spesiale geleenthede verskaf.

Projekte word ook in die jaar beplan om gasvryheid in die gemeente te bevorder. Gemeentelede van enige ouderdom is welkom om betrokke te raak by die span. Daar is soms niks beter as ‘n vriendelike gesiggie wat net HELLO sê nie.

Vir meer inligting, skakel asseblief vir Heinrich Cronje by 084 458 0345.

GEMEENTEBEDIENING

Vergelyk ons NG Kerk Lorraine met `n mosaïek waar elke bediening, aksie, groep (groot of klein), asook lidmate daar is om God se kunswerk af te rond, is Gemeentebediening slegs die sement wat al  die steentjies as `n eenheid moet saambind.

Ons doel is om elke lidmaat geestelik te bemagtig (groot woord vir laat groei) om ons Hemelse Vader binne en buite ons gemeentegrense te kan verteenwoordig. Elkeen van ons beskik oor unieke Godgegewe talente wat ons wil aanwend om ander te seën. Net so is daar in elkeen groeigeleenthede waar ander ons kan help om te ontwikkel.

Alhoewel ons fokus op ons vier eredienste, is daar talle aksies (soos Bybelstudie- en selgroepe, Alpha en Freedom in Christ) wat julle met ope arms sal verwelkom om saam God se prentjie in Lorraine te vervolmaak.

Wil jy meer weet of ‘n bydrae maak? Skakel asseblief een van ons Predikante.

Indien jy meer van ons klein- en/of bybelstudiegroepe wil weet, skakel asseblief vir ds Tijanè Pieterse by 083 287 0954

GETUIENISBEDIENING

Doel van hierdie bediening:

  • Om die Bybelse opdrag soos in Hand. 1:8 en Mat. 28:19 namens die Gemeente uit te voer en te leef, naamlik om die evangelie holisties te help uitdra na ongereddes op globale vlak, vanaf ons eie gemeente tot aan die verste hoek van die wereld, soos deur die Here van tyd tot tyd aan die kommissie geopenbaar, om  daardeur dissipels van, of in, alle nasies te maak.
  • Om gemeentelede wat ‘n hart vir evangelisasie/sending het ‘n geleentheid te gee om deel te wees van hierdie kommissie en sy aktiwiteite en te kan bydra tot die uitleef van die Groot Boodskap, hetsy deur hul kennis, kundigheid, ondervinding, insette of diensbaarheid.

Praktiese fokus:

Besoeke aan Transkei gemeente, Egipte sending, Rusland sending, Radio Feba, Geopende Deure.

Mense met `n hart vir die Here en evangelisasie/sending word hartlik uitgenooi om betrokke te raak.

Indien jy meer wil weet en/of betrokke raak, skakel asseblief vir Stephan Schutte by 082 888 4474.

HARTKLOP-VROUE

Hartklop-Vroue wil vir elke vroue-lidmaat (oud en jonk) in die gemeente `n tuiste skep waar sy kan behóórt; waar sy haar gawes kan uitleef, terwyl sy as medewerker in diens van God staan – vir die opbou van die liggaam van Christus.

Daar word kwartaalliks byeenkomste gereël en hiertydens word daar gepoog om in alle fasette van die vrou se behoeftes te voorsien. Ons Lente-tee in die derde kwartaal is altyd ‘n jaarlikse hoogtepunt waarna almal uitsien! Verskeie Vroue-Bybelstudie groepe en selgroepe vergader weekliks.

Ons is ook verantwoordelik vir die voorsiening van tee en eetgoed by Kerkraadsvergaderings en ander byeenkomste. Alle vroue-lidmate word aangemoedig om in te skakel, hande te vat en, saam met ander gelowiges, die Koninkryk van God in liefde te bou en te bedien.

Indien jy meer wil weet en/of betrokke raak, skakel asseblief vir Brenda van Rooyen by 083 226 1038.

JEUGBEDIENING

Ons roeping: Om, in samewerking met ouers, kinders te begelei tot ‘n dieper verhouding met God, hulle toe te rus om te dien in die Kerk van Christus en hulle uit te stuur om Christus met die wêreld te deel. (Kol 1: 9 – 10)

Familie is baie belangrik en daarom wil ons ouers deel maak van die proses. Ouers is die beste voorbeeld vir hulle kinders; dus wil ons hulle toerus vir hierdie reis saam met hulle kind(ers). Verhoudings is een van die hoof-aspekte van ons bediening en ons skep geleenthede waar: geloofsmentors en kinders; ouers en kinders asook kinders met kinders sinvolle verhoudings (en ook `n ondersteunings netwerk) kan bou.

Waarby ons betrokke is:

  • Gesinsdiens
  • Aanddiens
  • Avontuurweek
  • Kategese (Geloofsmentors)
  • PIX’S
  • Ouerskaptoerustingskursusse.

As jy ‘n hart het vir kinders nooi ons jou uit om betrokke te raak.

Voorsitter:  Danike Wasserman (072 358 9114)  |  kiclorraine@gmail.com

MEDIABEDIENING

Die Media Bediening (voorheen Audiovisuele Kommissie) het ongeveer vier jaar gelede ontstaan uit ‘n behoefte om die audio- en visuele toerusting in ons gemeente effektief te bestuur en in stand te hou. Dit is noodsaaklik sodat daar te alle tye die regte hulpmiddels beskikbaar is vir die bediening van die woord, sang en musiek deur middel van klank versterking en beeld projektering. Take waarmee hierdie bedieing hoofsaaklik besig is, is die aankoop, installering en instandhouding van beeld- en klanktoerusting. Voorbeelde van projekte wat onlangs voltooi is, is die installasie van ‘n nuwe projektor en arm in die saal asook nuwe kleur beligting in die hoof kerkgebou.

Persone wat tegnies aangelê is met ‘n belangstelling in tegnologie en elektronika sal waarskynlik tuis voel in hierdie bediening.

Indien jy meer wil weet en/of betrokke raak, skakel asseblief vir Carina Marais by 084 954 0802