Gesels

OMGEEGROEPE

In `n gemeente is dit noodsaaklik dat lidmate mekaar ondersteun deur middel van omgeegroepe. `n Omgeegroep bied die geleentheid om geestelik te groei, geloofsekerheid te ontvang, en om daders van die Woord te word. `n Omgeegroep bestaan uit `n klompie mense wat wil groei op die geloofspad. Mense wat mekaar liggaamlik, emosioneel en geestelik ondersteun en opbou, en mekaar in liefde teregwys. Dit is egter vir ons baie belangrik dat groepe nie mekaar net na binne sal bedien nie, maar ook na buite ’n verskil sal maak. Vanuit die omgeegroepe wil ons ons roeping uitleef om God se koninkryk in ’n stukkende wêreld te laat kom.

Kontak enige predikant of die kerkkantoor indien jy by `n kleingroep wil inskakel.