Gaan

BARMHARTIGHEID

PE-Noord Gemeente Klereprojek

Deur die jaar word daar op `n weeklikse basis klere deur ons lidmate geskenk aan PE Noord gemeente. Dié is een van die behoeftige gemeentes van Port Elizabeth en die rede hiervoor is dat, met die verloop van tyd, het die gebied verander in ‘n besigheids area en meeste van die ouer persone wat daar bly, het hulle werk verloor of is pensioenarisse. Die klere wat ons aan hulle verskaf, word teen minimale bedrae op Vrydae verkoop. Die geld wat ingesamel word deur die verkoop van klere, word aangewend om kos elke Saterdag aan ongeveer 150 mense kos te voorsien.

Noodspens

Ons gemeentelede gee maandelikse skenkings aan ons Noodspens in die vorm van kontant en/of nie-bederfbare produkte. Enige bydrae tot die noodspens word baie waardeer.  Barmhartigheidsbediening is verantwoordelik vir die Noodspens.

Skole

Ons gemeente skakel deur individuele lidmate met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) van Port Elizabeth en is ons weekliks verantwoordelik om toebroodjies te voorsien aan drie skole naamlik, Piet Retief Laerskool en Dr. Viljoen skool vir behoeftige kinders. Hierdie is ‘n volgehoue projek wat ons volg.

Kontakpersoon: Kerkkantoor (041 367 2284)

MES

MES (Middestad Evangelisasie Sending) PE se droom is om die hart van die stad te verander deur mense te vorm, bemagtig en deur te dien!

Die skuiling vir hawelose mense kan 120 mense huisves. Kliënte word voorsien van slaapplek, `n aandete en warm stort. Daar is ook twee sopkombuise waarvan die een in New Brighton deur die NG Gemeente Lorraine ondersteun word. Die sopkombuis by die skuiling verskaf ook elke weeksdag kos aan arm mense. In Oktober 2014 het ons 995 bekers sop by hierdie sopkombuis bedien! Vaardigheidsklasse word aangebied drie maal per week wat naaldwerklesse, kralewerk en ander handvaardighede insluit. Kliënte word ingeskakel by verskeie lewensvervaardigheids programme soos Free to Grow, Educare en Lifeline. Dikwels moet kliënte ook verwys na rehabilitasie programme vir drank of dwelm misbruik. Daarbenewens het MES PE `n studielokaal ingerig vir matrikulante, uit die arm omliggende woonbuurte, om hulle te help om te studeer vir die matriek eindeksamen. MES werk nou saam met die SAPD, ACVV, CMR, UVIWE (voorheen Kindersorg), Yokhusela en verskeie ander welsynsorganisasie. Neem asseblief ons hand en help ons om die hart van die stad te verander deur gebed, uitreike of donasies.

Kontakpersoon: MES Aksie – Port Elizabeth