Vorms

Volg asb. die korrekte skakel vir die vorm wat u wil voltooi

2024 KATEGESE INLIGTING

Ons sien uit na die 2024 Kategese jaar & om baie nuwe kinders te verwelkom!

Hiermee verskillende ouderdomsgroepe beskikbaar:

PIX’s is ‘n Gesinsbediening in die Lapa vir ouers met kinders van ouderdom 2 – 6 Jaar (Gr. R).

KIC is na afloop van die Gesinsdiens in die saal (09h30 – 10h00) & word by verskeie areas in gedeel.
KIC is vir kinders van Graad 1 – Graad 6. Terwyl KIC aan die gang is, is daar ‘n volwasse boodskap vir ouers in die saal.

ARISE is vir ons tieners & word om 17h00 in die vierkant & saal aangebied, waar hulle aangemoedig word om by ons Kuierkerk in te skakel van 18h00 – 19h00. Arise is vir kinders van Graad 7 – Graad 10, asook die Graad 11 groep wat die Belydenisklas van 2024 is.

Registrasiefooi

Registrasiefooi van R200-00 is betaalbaar vir materiaal vir alle ouderdomsgroepe.
Jou kind se registrasiefooi word binne die gemeente se begroting
gebruik om die TOTALE bediening van ons jongmense en families moontlik te maak.
En natuurlik gaan ons niemand wegwys of benadeel as hulle nie die R200-00 kan betaal nie.
Gesels asseblief met Danike Wasserman by 041 367 2284 (Kerkkantoor) hieroor.
Jy kan jou kind(ers) se registrasiefooi elektronies inbetaal.

Bankbesonderhede:
Rekening: ABSA
Rekeningnommer: 1400590016,
Takkode: 632005
Verwysing: PIX / KIC / ARISE
Stuur asb. bewys na kiclorraine@gmail.com

Ons bly bid vir die geloofsvorming van ons jongmense… sodat hulle, hul geloofstuiste sal kry in Lorraine
Familiekerk! En onthou steeds… jy kan enige tyd skakel met vrae of onsekerheid.

Vir meer inligting kontak asseblief:
Danike Wasserman
kiclorraine@gmail.com of 041 379 2284

Kategese Mentor

Ons het steeds ‘n behoefte aan MENTORS by amper al die jaargroepe… hoe meer mentors ons het, hoe
meer effektief kan die groepwerk gedoen word.

Skakel asseblief vir Danike as die Here dit op jou hart lê om so diensbaar te wees.
Daar is 4 verskillende opsies: Alleen mentor, Deel Mentor, Uithelp-mentor of Toesighouding.

KATEGESE INSKRYWING: 2024

Met dié nodige inligting kan ons die databasis opdateer & seker maak jou kind word nie gemis nie.